Kaleshaan en die Stamvaders van die Coetsers van Lydenburg

© P.J. Coetser, Pretoria 1987

31-07-2011 - Nota deur Martie Coetser-Pozyn

Aan die nagedagtenis van my pa, P.J. Coetser (Flip), wat op 30-01-1989 oorlede is, omskep ek hierdie boek wat hy geskryf het in ’n elektroniese boek. Voorlopig ‘blog’ ek hoofstuk vir hoofstuk.

Kopiereg wat deur P.J. Coetser bekom is, behoort tans aan sy eggenote, W.F. Coetser.

Saturday, December 26, 2015

Hoofstuk 7 (Kaleshaan en die ander stamvaders van die Coetsers van Lydenburg): Jan Petrus Coetser aka Jannie Raadslid

Jan Petrus Coetser (Jannie Raadslid) en sy gade, Elizabeth Maria Viljoen

Interessante nasate van Kaleshaan en sy familie 


Jan Petrus Coetser (Jannie Raadslid) 


Hierdie laaste kind van Kaleshaan aanskou die eerste lewenslig op 26 Julie 1861 op die plaas Sterkspruit in die distrik van Lydenburg. Reeds van jongs af onderkei hy homself as ‘n persoon met ‘n hoë intelligensie en ‘n drang om sy kennis te verbreed. Sy skoolopleiding ondergaan hy op Lydenburg waar Meester Hendrikse se invloed hom uiteindelik gaan inspireer om die onderwysstelsel te help ontwikkel. 

Toe die nuwe skool in Lydenburg gebou is, het hy as leerling die voorreg gehad om die klei vir die vloer te help aandra. As latere onderwyser het hy, soos sy leermeester, geglo dat die onderwys een van die kragtigste middels is om ‘n volk se peil van beskawing te verhoog. As volksman het hy dan ook sy taak as onderwyser met groot bekwaamheid uitgevoer.

Sy skranderheid het van hom ‘n uitstaande leerling op skool gemaak. Wanneer die ander kinders hulself besig gehou met die dinge van kinders, was hy dikwels besig om boeke te lees. Om geld te verdien vir die aankoop van nuwe boeke, het hy peuselwerkies gedoen. 

Weens ‘n gebrek aan fondse en ander faktore was dit nie vir Jan Petrus beskore om verdere studies te ondergaan nie. Hy het homself, met die toé beskikbare lektuur, na die beste van sy vermoë geskool en ontwikkel. Hy openbaar ook ‘n fyngevoeligheid vir volkstradisies en die lief en leed van sy volksgenote. Dikwels het hy deur middel van die pers ‘n beroep op die mense gedoen om eensgesind te wees en om nie hulle tradisies te verwaarloos nie.

Hy was ‘n saggeaarde persoon en baie geheg aan sy ouers, broers en susters en sou enigiets doen om hulle smart en lyding te spaar. Hy het egter alte goed besef dat die mens maar beperkte vermoëns het en dikwels magteloos staan teen die onvermydelike. Soos die volgende episode bewys het –

In die nag van 3 Julie 1876 het ‘n geveg by Spitskop naby Sabie plaasgevind waartydens sy broer, Paul, gesneuwel het. Dit was een van die vele kere dat die Lydenburgers moeilikheid met Johannes, broer van Sekhukhuni, ondervind het.

Jan, wat toe vyftien jaar oud was, en Paul was nie net broers nie, maar ook boesemvriende. Sy smart word weerspieël in ‘n gediggie wat hy later geskryf het. (Uit Hollands vertaal.)

Watter tyding tref my hart so seer
en gryp met skrik my aan?
Wat druk my gemoed beswaard terneer
en ontpers uit my oog ‘n droewige traan?

Dit is ‘n swaar en smartlike slag
wat priemend in my ore dring!
Die vreeslike ongeluk in die nag
wat die bode van die dood ons bring.   

Sy bloed vloei en hy stort terneer
die jongeling, ons broer, vader se seun
ontvang ‘n koeël wat sy bors verskeur
en hy stort dodelik gewond ineen.

Sterwend, gewond, deur die rower se lood,
Spreek hy nog ‘n keer, vir laas.
Roggelend, met in sy stem die dood,
prewel hy: My broer ek’s gekwes, helaas.

Dit was die laaste, ‘n woord van afskeid;
Die lippe roer nie, die stem is stil,
Maar die Heer se oor, in barmhartigheid,
Hoor tog die laaste sug; Dit was Sy wil.

En nou, onse Paul is hier nie meer;
Verby op aarde is sy kortstondige lewe.
Hy leef voort by sy God en Heer.
saam met die engele, tot hoër diens verhewe.

Daar voor die Heer se vredesaltaar
woed daar geen krygsgeskree meer;
Vriend en vyand staan almal langs mekaar.
Ja, sy aan sy, is ons almal een voor die Heer.


As volwassene beywer Jan Petrus hom vir die opvoeding van die jeug. Op die ouderdom van 23 jaar behartig hy as onderwyser (sonder formele kwalifikasies) ‘n klein skooltjie op die plaas Swagershoek wat aan sy aanstaande skoonvader, Cornelius Hendrik Viljoen, behoort . 


Hy het ook ‘n ander nood onder die mense waargeneem – ‘n gebrek aan goeie medisyne vir die talle soorte siektes wat destyds geheers het. Met behulp van die swartmense se kennis van verskillende geneeskundige veldgewasse en wortels, sy eie navorsing en die reeds beproefde rate van die oumense, bou hy ‘n soort apteek op en weldrae was hy ‘n redelike bekende en gerespekteerde homopaat. Wanneer hy die geleentheid gekry het, het hy die omgewing fyngekam op soek na helende struike en boomwortels. Op hierdie wyse het hy die omgewing soos die palm van sy hand leer ken – ‘n bate wat hom later goed te pas gekom het. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is hy nooit gevang nie.

Sy populariteit onder die mense het toegeneem. Nie net vanweë sy kennis van medisyne nie, maar ook vanweë sy innemende geaardheid, onbaatsugtige hulpvaardigheid en liefde vir sy medemens. Hy het ‘n hewige renons in geweld gehad en was altyd ‘n voorstander vir vreedsame skikkings in gevalle van onrus.

Sy buitengewone bekwaamheid lei uiteindelik na sy verkiesing as Volksraadslid. Op Maandag 20 Julie 1896 verskyn hy in die vergadersaal en verloop die verrigtinge as volg –

“Sy Ed. De Staatssecretaris bracht ter kennis van den Raad dat de Regering, ingevolge desbetreffende opdracht, de heer Coetser had aangeschrewen om den eed te komen afleggen als lid van den Edele Achtbaren Eerste Volksraad.” (Volksraadnotule, Maandag 20.7.1896)

Hy word versoek om na vore te kom en Artikels 14 en 15 van Wet 4 van 1890, en Artikel 1317 van 1892 word aan hom voorgelees. Daarna lê hy die Eed van Getrouheid af.

Die voorsitter heet hom namens die vergadering welkom as nuwe lid en verteenwoordiger van Lydenburg en sê ondermeer: “U zult ondervinden er vele moeilijkhede verbonden zijn aan de ereplaatz die gij thans gaat inneem, doch ik wil hopen, daar ons aller oogen gevestigd moeten sijn op de hulp van den Heer.” (Ibid.)

Jan Petrus het sy pos as Volksraadslid met toewyding en onderskeiding beklee. Sy ywer vir die onderwys het daartoe gelei dat hy later as voorsitter van ‘n kommissie aangestel is, getaak om die onderwystoestande te ondersoek en dan konkrete voorstelle aan die Regering voor te lê. Die ander lede van die kommissie was Arend Dieperink van Johannesburg en Generaal Louis Botha van die distrik Vryheid. Dat hulle suksesvol was met hul ondersoek, en dat die Regering hul voorstelle aanvaar het, word later bevestig in ‘n notule. “... dit was gedaan tot heil van de opkomende geslag.” (Ibid.)


Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog word alles wat met soveel sorg opgebou was aan skerwe gebreek. Jan Petrus, soos talle ander, moes tydens die oorlog magteloos aanskou hoe die Afrikaner byna vernietig word. Dit was ‘n verslae Jan Petrus en sy gesin wat na afloop van die oorlog by hul afgebrande opstal op Sterkspruit opgedaag het. Die huis was nie net afgebrand nie, maar gelyk gemaak met die grond.

Na die oorlog woon Jan Petrus en sy familie in tente agter die rommel van hul afgebrande huis.


Jan Petrus se herboude huis. Nie meer 'n grasdak nie, maar 'n sinkdak.


Alles moes van vooraf opgebou word, ook die onderwys. Milner se idee oor die onderwysstelsel het Jan teen die bors gestuit. Die voertaal sou Engels wees. Gelukkig het die Afrikaners saamgestaan en teenoor die Engelse 'goewermentskole' het hulle die Christelike Nasionale Onderwysstelsel gestig. Hiervoor het Jan met hernieude ywer gewerk en later is hy as Sekretaris van die CNO op Lydenburg aangestel.

Die destydse regering het uiteindelik toegestem dat amalgamasie tussen die Goewermentskole en die CNO plaasvind. Die eerste Superintendent van die verenigde skool was Mnr Munro.

Jan Petrus het later uit die politieke lewe onttrek, maar het nog belanggestel in die heil van sy land en volk. In J.P. Coetser se dagboek lees ons die volgende woorde: “Jan Petrus.... betreur met leedwese die verdeeldheid wat daar heers onder ons volk....” Afgesien van die eendrag met betrekking tot die CNO skole, was die enigste keer van eensgesindheid - volgens hom - die keer by Paardekraal, toe al die Afrikaners wat teenwoordig was ‘n monument van klippe opgerig het. Lord Kitchener het hierdie klippe later laat wegry en volgens Jan Petrus was dit vir hom 'n sprekende voorbeeld van die uitmekaarspat van sy volksgenote.

Jan Petrus het in 1885 met Maria Elizabeth Viljoen in die huwelik getree. Die egpaar was met elf kinders geseën. Soos talle ander families verloor hulle ook ‘n kind in die konsentrasiekamp te Howick. Hendrik Josefis, was sy naam. Hy moes ongeveer 2 jaar oud gewees het toe hy oorlede is.  

Jan Petrus en sy gade bring hulle laaste jare deur in ‘n klein woonstelletjie wat deur een van hulle kinders in Schoemansstraat, Lydenburg gebou is. Daar is hulle met liefde en deernis versorg.

Op 13 November 1936 sterf Jan Petrus in die ouderdom van 75 jaar. Sy stoflike oorskot rus in die ou begraafplaas van Lydenburg. Sestien jaar later, in 1952, word sy gade langs hom ter ruste gelê.


Jan Petrus se 4de kind: Johannes Petrus  (Jan Poen) en sy gade, Johanna Susanna Dorothea Foord. 


Jan Poen en sy gesin 


Stamboom van Jan Petrus Coetser (Jannie Raadslid) - soos op hede saamgestel. Kontak my asb mbt wysigings en aanvullings - mpmartie967@gmail.com 


a1. Jacob KUTZER  (1653-1733) Kom vanaf Rijnstadt, Duitsland. 'n Ander bron gee 
stad van herkoms aan as Setry, naby Weenen.) Aankoms in Suid Afrika 1709 as soldaat per
"Noordhoek". Word Boerkneg in 1713 en Vryburger in 1714. Trou te Stellenbosh op 15/9/1717 
met Cornelia HELM (1672-1722), weduwee van x Jan van den Bosch (1st eggenoot) en
Arie (Adriaan) van Wyk (2de eggenoot). Jacob en Cornelia het 2 kinders, Johannes Jacobus
en Dorothea. Jacob trou vir 'n 2de keer in 1722 met Susanna Snyman. 


b1. Johannes Jacobus COETZER  (1716-1787) x (15.2.1739) Maria BOTHA (1722-1740) -
xx (27.11.1746) Johanna NEL (c1725-?) dogter van Pieter Willem Nel.   
c12. Philippus Jeremias COETZER (1764-1856) x (1790) Christina Elizabeth DE BRUIN
(1768-?)
d3. Johannes Jacobus Coetzer  (1797-1834) x (1816) Elsie Magdalena Jordaan
(1800-1889) xx (1834) Jan Mathys de Beer 
e3. Philippus Jeremias Coetser [Kaleshaan] (1819-1897) x (1838) Johanna Adriana
Venter (1820-1888) (Let op, om die een of ander rede het Kaleshaan, of 'n 
nalatige administratiewe beampte, die 'z' in sy van na 'n 's' verander. Tot vandag 
toe is sy nasate Coetser instede van Coetzer.) 

f9. Jan Petrus (Jannie Raadslid) COETSER (26/7/1861-13/11/1936)
x Elizabeth Maria Viljoen (?-1952)
g1. Philippus Jeremias COETSER [Flippie Meulenaar] (1886-1963)
x Hester Maria van der Merwe
g2. Johanna Maria Adriana (Baby) Coetser (1888-?)
x neef Philippus Jeremias (Mias) (sv Pieter Willem & Anna Rood)
g3. Cornelus Hendrik COETSER (1891-?) x Belgiese vrou & sterf daar
- Kinderloos
g4. Johannes Petrus  (Jan Poen) (1892-?) x Johanna Susanna Dorothea
FOORD
g5. Maria Elizabeth (Miem) Coetser (1894-1961) x Jan Matthys DE BEER
g6. Johannes Jacobus COETSER (1896-?) x Anna Maria Magdalena
Elizabeth
g7. Hendrik Josephus  COETSER (1898-1901) Sterf in konsentrasiekamp
te Howick
g8. Elsje Magdalena Coetser (1903-?) x J GRUNDLING
g9. Marcus Albertus COETSER (1906-?) x A M D COETZEE
g10. Catharina Elizabeth Margaretha Coetser (Dina) (1909-?)
x ?? ESPACH
g11. Paul Stefanus COETSER (1912-?) x Dorothea Johanna Jacoba (Dora)

Keer terug na die Inhoudsopgawe en kies die volgende hoofstuk wat u wil lees - http://coetserkaleshaan.blogspot.co.za/2015/12/inhoudsopgawe.html



Inhoudsopgawe (Kaleshaan en die ander stamvaders van die Coetsers van Lydenburg)


Hoofstuk 1 –  Jacob Kützer, stamvader van Coetser en Coetzer families

Stamboom van Jacob Kützer - Kinders en Kleinkinders

Hoofstuk 2 - Jacob Kützerse nasate in die Kaap Kolonie

Hoofstuk 3 – Die Coetsers en die Groot Trek

Hoofstuk 4 – Die Coetsers in Natal

Hoofstuk 5 – Die Coetsers en die Tweede Groot Trek vanaf Natal na Transvaal

http://coetserkaleshaan.blogspot.co.za/2012/03/hoofstuk-5-die-coetsers-en-die-tweede.html

Hoofstuk 6 – Kaleshaan en die stamvaders van die Coetsers van Lydenburg


INTERESSANTE NASATE VAN KALESHAAN:

Pieter Willem (Piet Kierietjie) COETSER * 16.9.1853 † 13.11.1935 @ Lydenburg
http://coetserkaleshaan.blogspot.co.za/2016/06/pieter-willem-coetser-pietie-kierietjie.html

Jan Petrus (Jannie Raadslid) COETSER * 26.7.1861 † 13.11.1936 
http://coetserkaleshaan.blogspot.co.za/2015/12/jan-petrus-coetser-jannie-raadslid.html


Nog HEELWAT episodes wat geblog moet word!

Sluit gerus aan by die Coetzer/Coetser familiegroep in Facebook - https://www.facebook.com/groups/172175279516984/


Besoek die Coetzer/Coetser se eie webtuiste by http://coetzercoetser.weebly.com/


Sunday, December 9, 2012

Stamregister: Phillipus Jeremias Coetser (Kaleshaan) -



Hierdie lys is nie volledig nie. Sal laat weet wanneer ek al die name tot my beskikking ingevoeg het.  Voolopig slegs hierdie - 
('n Volledige stamregister word binnekort gepubliseer)

Jacob Kützer, kinders en kleinkinders - slegs name tot my beskikking - tot en met Kaleshaan en sy broers, asook Kaleshaan se oudste seun se kinders, kleinkinders, agterkleinkinders, ens. Die res van die name tot my beskikking sal mettertyd deur my ingevul word.  

x = eerste gade
xx = tweede gade

a) Stamvader - 
b) Tweede geslag - c) Derde geslag..... j) Tiende geslag



a) Jacob Kützer (arriveer in Kaap in 1709. Sterf Junie 1742)
x Cornelia Helm(s)
b1) Johannes Jacobus (14/5/1716) 
x Maria Botha
c1) Maria Anna (13/12/1739)
x Johannes Oosthuizen
xx Johanna Nel
c2) Johanna Dorothea (19/11/1747
x J.H. Labuschagné
c3) Cornelia (26/1/1749)
x C Labuschagné
c4) Jacob (2/4/1752)
Ongetroud oorlede
c5) Pieter Willem (12/8/1753)
x Anna Susanna Jordaan
c6) Johannes Jacobus (15/9/1754)
x Cornelia Carolina du Preez
c7) Aletta (18/4/1756)
x F. Calitz
c8) Willem Johan (5/2/1758)
x Magteld Maria vd Merwe (weduwee van Izak vd Merwe)
c9) Dorothea Regina (11/2/1759)
x Pieter Willem Nel
c10) Wentzel Christoffel (26/4/1761)
x Jacoba Jordaan
c11) Adriana Jacomina (25/12/1762)
x ?
c12) Philippus Jeremia (2/12/1764)
x (1790) Christina Elizabeth de Bruyn
d1) Johannes Jacobus (± 1790-1834)
x Elsje Magdalena Jordaan
e1) Magdalena Elizabeth (16-6-1816)
e2) Anna Maria Johanna (1818-1896)
e2) Phillipus Jeremias Coetser (24/11/1819) KALESHAAN
x Johanna Adriana Venter
f1) Johannes Jacobus (27/03/1841)
x Susanna Maria Catharina Steyn
g1) Susanna Maria Catharina (14/7/1863)
x J.N. Swart
g2) Phillipus Jeremias (4/6/1865)
Ongetroud oorlede
g3) Johanna Adriana (3/1/1868)
g4) Louis Hermanus Petrus (14/11/1869)
x Maria Elizabeth Isabella Coetzee
h1) Maria Elizabeth (23/7/1892)
Nooit getroud
h2) Johannes Jacobus (23/6/1895)
x Lenie Vosloo
i1) Louis Hermanus Petrus (18/4/1929)
x Susanna Magrieta Craug
j1) Maria Christina (6/5/1938)
j2) Johannes Jacobus (1/9/1971)
i2) Jacobus Nicolaas (3/11/1934)
x Hilda van den Heever
j1) Cecile (±1959)
j2) Hanelie (±1960)
j3) Hilda Louise (±1962)
j4) Johannes Jacobus (±1969)
h3) Hendrik Stefanus (22/7/1898)
Oorlede in konsentrasiekamp
h4) Susanna Maria Catharina (22/9/1901)
Kinderloos
h5) Ester Maria (30/3/1905)
x Percy Kenear
h6) Louisa Hermina Petronella (Wiesa) (9/9/1908)
x Jan Daniel Minnaar
h7) Johanna Adriana (±1910)
x Frikkie Mulder
f2) Johanna Adriana (29/12/1842)
x Abraham Jacobus Espach
f3) Marcus Albertus (14/11/1844)
x Catharina Rosina Paulina Johanna Schoeman
f4) Philippus Jeremias (2/2/1847)
x Anna Margaretha Schoeman
xx Susanna Elizabeth Coetser
f5) ?
f6) Elsje Magdalena (27/6/1849)
x Tobias Kruger
f7) Hendrik Stefanus [Hein] (21/10/1851)
x Susara Johanna Aletta Elizabeth Steyn
f8) Pieter Willem [Piet Kierietjies] (16/9/1853)
x Anna Dorothea Susanna Rood
f9) Jan Petrus [Jannie Raadslid/Ultimatum] (26/7/1861)
x Maria Elizabeth Viljoen
e3) Petrus Johannes (10/10/1822)
Moontlik ongetroud oorlede
e4) Johannes Jacobus (12/9/1824)
x Johanna Martina Regina Viljoen
e5) Petrus Willem (25/4/1828)
x Sara Maria Viljoen
xx Anna Alida Petronella Badenhorst
e7) Johannes Petrus [Jan] (15/3/1830)
x Catharina Elizabeth Viljoen
e8) Hendrik (25/1/1831)
x Maria Magdalena Elizabeth Kruger
c13) Jacobus Johannes (16/11/1766)
x Magdalena Elizabeth Jordaan
c14) Susanna Elizabeth (18/9/1770)
x Gerrit Jordaan
c15) Gerrit (15/7/1772)
x Elsie Maria Jordaan
b2) Dorothea Regina (1717-1745)
x Jacob Gerritze van Deventer
xx Susanna Snyman
b3) Susanna Margaretha (11/3/1723)
x Johan Adolf Kuuhl van Lübeck
b4) Maria Magdalena (20/2/1724)
x ?
b5) Maria Elizabeth (19/1/1727)
x S. van Echten
b6) Wentzel Chistoffel (11/7/1728)
x Elizabeth du Toit
c1) Susanna Elizabeth (13/5/1753)
x J.A. Loubser
c2) Jacobus Petrus (17/8/1755)
Ongetroud oorlede
c3) Anna Susanna (16/10/1757)
x ?
c4) Jacoba Susanna (21/1/1759)
x J.M. Horak
c5) Petrus Johannes (1/11/1761)
Ongetroud oorlede
c6) Maria Susanna (20/3/1762)
x Andries Lategan
c7) Ann Margaretha (24/11/1765)
x P. Van Nierop
c8) Aletta (7/8/1768)
x David Jacobus de Villiers
b7) Phillipus Jacobus (3/9/1730)
Ongetroud oorlede
b8) Jeremias (17/2/1732)
x Susanna du Toit
c1) Susanna Elizabeth (4/12/1763)
x P.J. du Toit
c2) Jacobus Jeremias (23/8/1765)
x Anna Minnaar
c3) Jeremias (12/10/1766)
x Susanna de Villiers
xx Eleonora Loret
c4) Esther (21/2/1773
x D. Rossouw
c5) Eleonora Maria (16/10/1774)
x L.J. Colyn
c6) Jacobus Petrus (31/3/1776)
b9) Jacobus Johannes (16/9/1734)
Ongetroud oorlede
b10) Johanna Jacoba (01/5/1740)
x W. Alleman
xx Daniël de Haas


Gaan na inhoudsopgawe en kies die hoofstuk wat u wil lees -  http://coetserkaleshaan.blogspot.co.za/2015/12/inhoudsopgawe.html