Kaleshaan en die Stamvaders van die Coetsers van Lydenburg

© P.J. Coetser, Pretoria 1987

31-07-2011 - Nota deur Martie Coetser-Pozyn

Aan die nagedagtenis van my pa, P.J. Coetser (Flip), wat op 30-01-1989 oorlede is, omskep ek hierdie boek wat hy geskryf het in ’n elektroniese boek. Voorlopig ‘blog’ ek hoofstuk vir hoofstuk.

Kopiereg wat deur P.J. Coetser bekom is, behoort tans aan sy eggenote, W.F. Coetser.

Sunday, June 19, 2016

Pieter Willem Coetser (Pietie Kierietjie)


Pieter is gebore op 16 September 1853 op die plaas Sterkspruit. Hy trou met Anna Dorothea Susanna Roodt. Die egpaar het 7 kinders.


Pieter het sy vader, Kaleshaan (Philippus Jeremia) met die boerdery gehelp en na sy troue op die plaas aangebly. Om ekstra geld te verdien het hy verskeie take verrig. Hy was veral handig met houtwerk en messelary. Omdat hy ’n paar inheemse tale magtig was, het hy ook dikwels in die hof as tolk opgetree.
Pieter, beter bekend as Pietie, was die spreekwoordelike doodgoeie, ‘down-to-earth’ man en nogal lief vir sy sopie. Hoë geleerdheid het hy nie gehad nie en hy was ook nie beroemd nie. Hy was egter welbekend vir sy sin vir humor. Om iemand ’n poets te bak was skynbaar sy geliefkoosde stokperdjie. Hoe ouer hy geword het, hoe vrypostiger het hy hierdie stokperdjie beoefen. Hy het selfs begin geld vra (of ’n sopie of drie) wanneer iemand hom gevra het om iemand anders ’n poets te bak.
Add caption
 Pieter Willem (Piet Kierietjie) COETSER x  Anna Dorothea Susanna ROODT

Pietie se vrypostigheid het gelei tot ’n  gemeenskaplike besluit van ’n paar van sy vriende om hom ’n behoorlike les te leer. Twee van hulle het op ’n donker nag wit lakens oor hulle koppe getrek en hom ingewag by die bruggie, halfpad tussen die kroeg en die plaas. Dit was glo daar waar Pieter hom uit sy ongeloof in spoke geskrik het en dit was ook die laaste keer dat hy daardie spesifieke pad terug plaas toe aangedurf het.   

By geleentheid het hy sy vriende gewed dat hy een Sondagmore in die kerk die helfte van die mense teenwoordig sou laat sing en die ander helfte sou laat lag.

Daar was geen orrel in die kerk nie en Pieter het dikwels as voorsanger opgetree. Die betrokke oggend dan, nadat die predikant die gesang of psalm aangekondig het, het hy (Pieter), wat min of meer in die middel van die kerk plaasgeneem het, aangehef en die mense het begin sing. Terwyl die gemeentelede hartlik gesing het, het hy omgedraai en vir diegene agter hom gesigte getrek. Nodeloos om te sê dat hy die weddenskap gewen het.

Die volgende episode was die een wat hom wyd en syd bekendheid laat verwerf het en hom ook met die gereg laat bots het. Dit was om en by die jaar 1922 en oom Pietie was al diep in sy sestigerjare toe 'n belangrike hofsaak op die dorp plaasgevind het.

Daardie jare was die watervoorsiening aan die erwe op die dorp deur middel van leivore wat langs die strate geloop het. Dit is dan ook by een van daardie leivore waar die volgende eposide, hier in versvorm beskryf, hom afgespeel het en oom Pietie die bynaam van Pietie Kierietjie laat kry het.


Pietie Kierietjie se Storie

Die dorp die gons, die mense is lustig aan’t praat –
Oral staan hulle rond in groepies langs die straat.
Oor die uitslag van die belangrike hofsaak
Het elkeen reeds sy eie mening opgemaak.
.
Ook oom Pietie is daar, kierie en al –
Die werk by die huis het hom glad nie geval.
Die aangeleentheid op die dorp is vir hom
’n goeie verskoning om ’n sopie te bekom.
.
Statig en viets soos dit ’n dame betaam,
kom SY die straat afgestap, taamlik vernaam.
SY gaan luister hoe haar gade ’n vonnis vel
om dit later by die tuinparty te vertel.
.
Toe die manne buite die kroeg haar gewaar 
daal die stemme want daar staan hy klaar:   
Oom Pietie met sy kierie en ewige lus
om hoog- en laagmoed met ’n poets te blus.
.
Vir ’n dop of twee word hy uitgedaag
om jou werklikwaar ’n poets op die dame te waag.
Sonder om twee keer te dink, bid jou dit aan,
stem hy toe in om nog ’n sotheid te begaan.
.
Al fluitende stap hy by haar verby
en laat aspres per ongeluk sy kierie gly –
reg in die pad van die dame se treë.
Sy wou nog keer, toe slaan sy neer.
.
Oom Pietie se verskoning is eg, glo my!
Hy probeer sy bes om haar uit die leivoor te kry.
Die dame stuur hom na die warm plek
waar Pietie aan die korste end gaan trek.
.
Haar dreigement is nie verniet;
Oom Poetsbakker word na die hof ontbied.
Kierie in die hand groet hy met deernis sy vrou;
vandag gaan hulle hom agter tralies hou.
.
Slagoffer se gade, die edele agbare, skel dat dit gons –
Oom Pietie luister met ’n hart wat bons.
Sonder twyfel is dit sy laaste dag –
Alleen gaan hy betaal vir vriende se gelag.
.
Die edele agbare bedaar; sy toorn is uitgewoed.
Maar vir sy daad moet oom Pietie boet –
’n Ernstige waarskuwing en hy laat hom gaan
maar die kierietjie moet in die kantoor bly staan.
.
Die dag daarna kyk die landdros verbaas
na oom Pietie wat na sy kierie haas.
Die hoed word afgehaal, die groet klink bly:
“Dag my kierietjie, het jy verlang na my?”
.
Die dagsêery hou aan vir ‘n week in die kantoor
en die landdros voel kapabel om oom Pietie te vermoor.
“Kyk,” sê hy oplaas, “ek kan dit nie meer verduur.
Neem jou kierietjie of ek smyt hom in die vuur.”
.
Oom Pietie is al lankal nie meer op aarde,
maar die mense lag nog steeds in hul baarde
oor die storie van die kierie en die watervoor
wat jy op die dorp maar telkens weer hoor.

-      PJ Coetser


Oom Pietie en sy gade slyt hulle laaste jare in 'n huis op die dorp. Vir hom was dit belangrik om op die dorp te bly want hulle gesondheid het vinnig agteruit gegaan en die dokter was binne loopafstand vanaf die huis.

Maar op 13 September 1935 sterf Anna Dorothea en word haar stoflike oorskot in die ou begraafplaas op Lydenburg begrawe. Twee maande later, op 13 November 1935, sterf Pietie Kierietjie en word ook hy in die ou begraafplaas ter ruste gelê.



of kyk gou asseblief of jy een van Pieter Willem COETSER en Anna Dorothea Susanna Roodt se nasate is, en of jou gegewens korrek is, en of jy iemand ken wat ons uitgelaat het. Ons kort nog baie inligting!  


b1c12d3e2f8. Pieter Willem (Piet Kierietjie) COETSER * 16.9.1853 † 13.11.1935 @ Lydenburg (slegs 2 maande ná sy wederhelfte) x  Anna Dorothea Susanna ROODT * 1855 † 13.9.1935 @ Lydenburg

g1. Johanna Christina Adriana COETSER * 17.1.1878
g2. Anna Dorothea Susanna COETSER * 13.12.1880 x  Jan George VAN GAS
 
g3. Elsje Magdalena COETSER * 26.5.1881 x  Charlie KELLER
g4. Philippus Jeremias (Mias)  COETSER * 5.4.1883 † 1959 x niggie Johanna Maria Adriana (Baby) COETSER b1c12d3e2f9g2 * 20.10.1888 † 3.8.1965
  h1. Pieter Willem COETSER (Boetie) * 27.10.1906 † 1964 x  Magrietha JANSEN VAN VUUREN. Kinderloos
  h2. Jan Petrus COETSER * 25.6.1908 x  Heila HOLTZHAUZEN
    i1. Philippus Jeremias COETSER * 13.9.1931 x  Dina Magritha VAN DER MERWE
      j1. Jan Petrus Wilhelmus COETSER * 23.8.1952 x  Hilda KLOPPERS
        k1. Philippus Jeremias COETSER * 24.4.1973
        k2. Margaretha COETSER * 30.3.1976
        k3. Dina Magritha COETSER * 1.3.1982 x  cousin Phillip Jeremia COETSER. Kinders: Jannie Coetser + 4

      j2.Philippus Jeremias COETSER * 7.4.1957 x  Margaret Elizabeth BOTHA
        k1. Maritza COETSER * 24.3.1976
        k2. Toinette COETSER * 22.11.1977
        k3. Chantell COETSER * 29.12.1980
        k4. Héla Magdalena COETSER * 3.12.1985
      j3. Heila Magdalena COETSER * 14.9.1958
x  M HANEKOM
xx  William BOTHA
      j4. Johanna Fredrika COETSER * 25.7.1962 x  Josef J MARé
      j5. Coenraad Cornelius COETSER * 8.3.1969
x Theresa Angelique DUIVELAAR

        k1. Johanna Maria Angelique COETSER * 07.02.1992
        k2. Bianca Dina COETSER * 17.10.1995
        k3. Coeleen (Coelien) COETSER * 26.03.1999
    i2. Helgardt Petrus COETSER * 22.3.1936 † 10.11.1992 x  Elizabeth Petronella DU RANDT
      j1. Helgardt Petrus COETSER * 8.4.1964
      j2. Sandra COETSER * 24.2.1965 x  Jan F OOSTHUIZEN
      j3. Heila Mariana COETSER * 18.10.1973
    i3. Johanna Fredrika COETSER * 15.1.1938
x  Hennie FOURIE
xx  Theunis KIRSTEYN
xxx  Allen ELYSEE
xxxx  Andre STRUMPHER
  h3. Mias COETSER * 4.10.1910 † 6.6.1953
x  Susanna Johanna (Sannie) FOORD * 5.3.1915 (i1 en i2 is Sannie se kinders)
xx  Johanna Magdalena (Joey) KRUGER voorheen Foord. Na Mias se dood trou Joey met ZRD Geel. Twee dogters van Foord: Sanna Foord en Hanna Foord. (i3-i7 is Joey se kinders)
    i1. Philippus Jeremias (Flip) COETSER * 20.4.1935 † 30.1.1989 (Skrywer van "Kaleshaan en die Ander Stamvaders van die Coetsers van Lydenburg")
x  (31.3.1956 @ Pretoria) Wilhelmina Fredrika PIETERSE * 18.5.1938

      j1. Martha Catharina Jacoba (Martie) COETSER * 15.4.1957
x (9.1.1973) % (27.10.1995) Jacobus Lodewicus POZYN.  Kinders: Wilhemina Petronella (Ronel); x  Daniel Abraham Cilliers; Edward Steven Pozyn x % Nadia MILLS   
      j2. Susanna Johanna (Santa) COETSER * 18.2.1959 x  Cornelius Johannes Jordaan MINNAAR. Kinders: Wilma x  Charles Viljoen; Lizl x de Vries; Paul Minnaar x Sonja;
      j3. Wilhelmina Fredrika (Rika) COETSER * 6.6.3.1963 x  Abraham Carel GREYLING. Kinders: Riaan, Cindy, Bianca 
      j4. Philippus Johannes COETSER * 19.10.1964
x  Hanli Nel %
xx  (28.10.1995) Lindi Smit * 22.8.1974
        k1. Alicia COETSER * 7.8.19 @ Pretoria (dv Hanlie)
        k2. Johan COETSER * 29.4.1998 @ Welkom (sv Lindi) 
        k3.  Tanya COETSER * 3.5.2000 @ Kimberley (dv Lindi)
      j5. Lucas Marthinus COETSER * 5.11.1966
x  (1990) % (2010) Mandy Dixon 17.9.1966
xx  (2012) % (2013) Charmain JONKER
     
        k1. Wayde COETSER * 25.10.1991
        k2. Jaime COETSER * 4.3.1994
    i2. Susanna Johanna (Sannetjie) COETSER * 23.6.1936
x  (1955) % (1969) Leslie Donald (Moos) HARFORD *  2.4.1931 †  25.1.1977
xx  (1969) % (1989) Philippus Johannes (Flip) VENTER † 14.11.2013 - Alzheimer's
Kinders: Susanna Johanna (Sandra) Harford * 6.5.1955 x Peter Vatta; Violet (Vonnie) * 2.11.1957 x % Jannie Coetzee xx % Jannie Coetzee xxx % Ben Barnard xxxx Johan Erasmus; Monica Harford * 6.3.1963 † - sterf jonk in 'n motorongeluk; Leslie Donald (Lesley) * 20.3.1962 x % Ann; Lorraine Harford * 5.6.1963 x % Langford xx Hayward.
 
    i3. Mias COETSER * 1942 † 1965 (23) pleeg selfmoord kort nadat sy geliefde ouma Baby, wat hom na regte grootgemaak het, oorlede is. Sy as is aan haar voetenent begrawe. 
    i4. Jan Adriaan COETZER * 1944 x  Magdalena Adrijana BRITZ * 6.11.1947. (Jan Adriaan se van verander van Coetser na Coetzer)  
      j1. Surette COETZER * 29.1.1967 x Willem VOIGT. Dogter: Suné
      j2. Roedolf Mias (Rudi / Mias) COETZER * 15.1.1969 x Yolande Bernice BODENSTEIN * 23.4.1969
      j3. Jan Adriaan (Jan / Riaan) COETSER * 14.9.1970 x Antoinette NN
        k1. Chantelle COETZER
        k2. Bianca COETZER
        k3. Juanita COETZER
    i5. Pieter Willem COETSER
    i6. Johanna Maria Adriana (Adri / Bokkie) COETSER x GROESBEECK
    i7. Maria Elizabeth (Bettie) COETSER
  h4. Paul Johannes COETSER * 10.5.1912 x  Marietjie RAUBENHEIMER
    i1. Anna Johanna Helena COETSER * 1936 x  Kenneth Vivian GREY
    i2. Philippus Jeremias COETSER * 1.11.1938 † 21.11.1981 @ Witbank x  (6.10.1962 @ Benoni) Catharina Magdalena HARRIS
      j1. Wynand Paul COETSER * 8.10.1966 x  (3.11.1993 @ Pietersburg) Adriana Magdalena ALBERTS * 2.7.1967
      j2. Deon Christian COETSER * 6.11.1969 x  (14.8.1993 @ Pietersburg) Hester Catharina VAN DEVENTER
      j3. André Philippus COETSER * 2.10.1972
  h5. Maria Elizabeth (Marietjie) COETSER * 26.8.1913 x  Willem BOTHA xx  STEENKAMP xxx  SIMONS
  h6. Johannes Marcus Adriaan (Hertzog) COETSER * 31.10.1914 x  Magal STOLTZ.
    i1. Johannes Markus Adriaan COETSER * 1914 x (2.10.1937 @ Durban) Hilda Lydia SCHMIDT * 1918
  h7. Anna Dorothea COETSER * 28.12.1916 † 1940 x  Freek PRINSLOO
  h8. Elsje Magdalena COETSER * 4.4.1920 x  Pieter Willem Johannes VISAGIE
  h9. Francois Johannes (Frans) COETSER * 23.3.1923 x  Miriam ANNENDALE xx  Maria Elizabeth (Miets) GERMISHUIZEN
    i1. Philippus Jeremias COETSER * 11.8.1948 x  Aletta Elizabeth Johanna Wilhelmina PETZER
      j1. Wanda COETSER * 16.6.1973
      j2. Philippus Jeremias COETSER * 7.2.1975
    i2. George COETSER * 15.1.1953 x  Magritha Petronella POTGIETER
      j1. Melinda (Malinda) COETSER * 2.8.1972
      j2. Ronél COETSER * 2.12.1973
      j3. Charmaine COETSER * 19.3.1981
  h10. Cornelus Hendrik COETSER (Nol) * 25.1.1927 † ??? x  Stella POTGIETER - Nol COETSER sterf in Sabie in 'n gru-ongeluk - Die vragmotor waarop hy hout vervoer se remme het in die bergpas onklaar geraak.
    i1. Hendrina (Nollie) COETSER * 18.8.1951 x  Piet BADENHORST
    i2. Albert Philippus COETSER * 27.4.1961 † 2011 x  Biewkje JANSEN VAN RENSBURG
      j1. Biewkje COETSER * 19.6.1982
    i3. Marietjie COETSER * 23.5.1958 -  Jonk oorlede
  h11. Marcus Albertus COETSER * 24.4.1928 † 27.7.1988 x Aletta Elizabeth Francina (Lettie) McALPINE * 9.9.1930
    i1. Maria Elizabeth COETSER * 17.5.1949 x Abraham Cronje MARITZ * 22.3.1945. Kinders: Aletta Elizabeth * 26.2.1971; Susanna Margaretha * 24.4.1972; Amore * 09.09.1978

    i2. Philippus Jeremias COETSER * 18.8.1951 x  Hester (Hantie) MÜLLER
      j1. Marcus Albertus COETSER * 31.7.1973
      j2, Philippus Johannes COETSER * 12.5.1975 - Jonk oorlede
      j3. Jeanine COETSER * 8.11.1982
      j4. Philippus Muller (Muller) COETSER * 22.11.1983 x  Wendy COETSER
    i3. Johan Robert COETSER * 11.12.1955 x  Mabel TAYLOR
      j1. Marcus Albertus COETSER *  14.7.1979
      j2. Jani COETSER * 22.2.1985
    i4. Rikus Albertus COETSER * 25.9.1962 x  Thea VAN STRAATEN * 17.4.1966
      j1. Simoné COETSER 
      j2. Martin COETSER 
g5. Francois Johannes (Voegoes) COETSER * 16.11.1884 x  [niggie] Susanna Elizabeth COETSER * 10.4.1893
  h1. Pieter Willem COETSER * 7.2.1913 x  Susara (Elizabeth) Aletta BEZUIDENHOUT
    i1. Francois Johannes COETSER *19.9.1936 x  Aletta Wilhelmina Abrahamlina VAN DER NEST
      j1.Pieter Willem COETSER * 7.11.1959 x  (29.9.1977) Wilhelmina Susanna [Wilna] JORDAAN * 7.1.1958
        k1. Pieter Cornelius Francois COETSER 
        k2. Sunette COETSER
      j2. Aletta Wilhelmina COETSER * 13.4.1963
      j3. Francois Johannes (Katz) COETSER * 13.7.1965 
  h2. Susanna Elizabeth COETSER - Jonk oorlede
  h3. Philippus Jeremias COETSER * 2.9.1918 x  Bettie VAN RENSBURG
    i1. Aletta COETSER * 2.3.1949 x  Johann CARSTENS
    i2. Susanna Elizabeth COETSER * 15.6.1951 x  Andre SMIT
    i3. Philippus Jeremias COETZER * 11.8.1953 x  Linda OROSCHIN
g6. Pieter Willem  (Piet Baard) COETSER * 9.9.1886 † 19.11.1976 @ Lydenburg x  Johanna Christina FOURIE * 13.8.1896 † 28.10.1956 @ Lydenburg
  h1. Pieter Willem COETSER * 16.10.1913 † 5.5.1986 x (22.6.1938 @ Dundee) Gertruida Magrietha SMIT * 1919
    i1. Anna COETSER  x  Stefanus VENTER
    i2. Johanna COETSER  x  Dennis GERRANS
    i3. Moana COETSER  x  Stefanus ERASMUS
    i4. Pieter Willem  COETSER x  Jeanette McDONALD
      j1. Samantha  COETSER *8.8.1981
      j2. Nicola COETSER * 13.3.1984
  h2. Willem Andries Johannes COETSER * 26.12.1916 † 18.5.1972 x  (@ Lydenburg) Christina Johanna SWANEPOEL * 29.6.1919
    i1. Pieter Willem COETSER * 21.4.1939 † 16.2.1991 x  (9.9.1961) Anna Johanna Catharina VENTER
      j1. Anna-Marie COETSER * 4.12.1961 @ Louis Trichardt x  Jacobus PIETERSE * 24.2.1961
      j2. Sonja COETSER * 14.6.1963 @ Pretoria
      j3. Willem Andries Johannes COETSER * 23.7.1966
    i2. Christina Johanna  COETSER * 30.5.1941 x  (26.5.1962 @ Pretoria) A J BOTHA * 26.5.1938
    i3. Johanna  Christina COETSER * 28.5.1943 @ Kempton Park x  (6.7.1963 @ Pretoria) D J VAN EEDEN * 15.1.1942 @ Elsburg
  h3. Rudolph Gerhardus Petrus COETSER * 20.10.1918  † 10.8.1982 x (14.12.1945 @ Newcastle) Susanna Johanna Petronella VAN DER MERWE x% Botha * 18.3.1917 † 24.4.2000
    i1-i5. Onbekend
  h4. Jan COETSER * 1.10.1920 @ Lydenburg † 5.5.1965 @ Kaapstad x  Catharina Susara (Baby) DE JAGER * 2.3.1936 † 15.6.1998 @ Boksburg

    i1. Pieter Willem (Pieter) COETSER * 7.1.1955 x  Christine NN * 7.9.1939 † 15.9.2015. Geen kinders
    i2. Carel Marthinus Petrus COETSER * 14.1.1956 † 14.9.1993
    i3. Johanna Gertrude Christina (Gertie) COETSER * 9.11.1963
x %  Willem Daniel (Danie) PIENAAR * 26.3.1964 DU PREEZ 
xx % Johan Wilhelem Christiaan DU PREEZ * 3.1.1953
Kinders: Willem Daniel (Willem) Pienaar * 11.9.1984; Zunette Zurika Pienaar * 17.8.1987; Elisabeth Maria Du Preez * 23.11.1994; Liza-Marie.
    i4. Jan COETSER * 21.1.1959 
    i5. Catharina Susara (Tina) COETSER * 1.1.1960 x % PRETORIUS . Kinders: Hansie Pretorius * 22.1.62; Mariette Pretorius * 6.2.80 x  Crawford; Madelein Preotriuis * 29.12.81 x  Dippenaar; Zelda Pretorius * 25.7.90
  h5. Johanna Christina  COETSER * 1922 x  Theuns BOTHA
  h6. Johanna Jacoba Paulina COETSER * 20.4.1924 x  Pieter Petrus Smartryk SWART
  h7. David COETSER  * 12.4.1926 x  Isabella Catharina Maria VAN DER BERG
    i1. Johanna Magritha  COETSER * 22.9.1957 x  André BRINK
    i2, Johanna Christina  COETSER * 9.2.1960 x  Wessel BADENHORST
    i3. Isabella Catharina  Maria COETSER * 13.6.1963
    i4. Pieter Willem  COETSER * 8.3.1965
 
  h8. Marcus Albertus  COETSER 9.9.1928 x  Maud WILSON

    i1. Anna Dorothea COETSER x  Corrie VAN ROOYEN
    i2, Philippus Jeremias COETSER x  Annetjie NN
    i3. Anna Sophia  COETSER

  h9. Anna Dorothea COETSER * 1.11.1932 x  Cornelius VAN ROOYEN
  h10. Philippus Jeremias COETSER * 22.2.1934 † 4.9.1995 x  Anna HORN
  h11. Anna Sophia COETSER (Bokkie) * 4.2.1936
x  Philippus Petrus MARAIS
xx  Marthinus Christoffel BADENHORST
g7. Marcus Albertus  COETSER (Skerpie) * 1894  x  Fennie GLYNESTER
  h1. Pieter Willem  COETSER
  h2. Marcus Albertus COETSER



Kyk na die volledige Coetzer/Coetser stamregister HIER: 
http://coetzercoetser.weebly.com/family-tree--stamboom.html


Saturday, December 26, 2015

Hoofstuk 7 (Kaleshaan en die ander stamvaders van die Coetsers van Lydenburg): Jan Petrus Coetser aka Jannie Raadslid

Jan Petrus Coetser (Jannie Raadslid) en sy gade, Elizabeth Maria Viljoen

Interessante nasate van Kaleshaan en sy familie 


Jan Petrus Coetser (Jannie Raadslid) 


Hierdie laaste kind van Kaleshaan aanskou die eerste lewenslig op 26 Julie 1861 op die plaas Sterkspruit in die distrik van Lydenburg. Reeds van jongs af onderkei hy homself as ‘n persoon met ‘n hoë intelligensie en ‘n drang om sy kennis te verbreed. Sy skoolopleiding ondergaan hy op Lydenburg waar Meester Hendrikse se invloed hom uiteindelik gaan inspireer om die onderwysstelsel te help ontwikkel. 

Toe die nuwe skool in Lydenburg gebou is, het hy as leerling die voorreg gehad om die klei vir die vloer te help aandra. As latere onderwyser het hy, soos sy leermeester, geglo dat die onderwys een van die kragtigste middels is om ‘n volk se peil van beskawing te verhoog. As volksman het hy dan ook sy taak as onderwyser met groot bekwaamheid uitgevoer.

Sy skranderheid het van hom ‘n uitstaande leerling op skool gemaak. Wanneer die ander kinders hulself besig gehou met die dinge van kinders, was hy dikwels besig om boeke te lees. Om geld te verdien vir die aankoop van nuwe boeke, het hy peuselwerkies gedoen. 

Weens ‘n gebrek aan fondse en ander faktore was dit nie vir Jan Petrus beskore om verdere studies te ondergaan nie. Hy het homself, met die toé beskikbare lektuur, na die beste van sy vermoë geskool en ontwikkel. Hy openbaar ook ‘n fyngevoeligheid vir volkstradisies en die lief en leed van sy volksgenote. Dikwels het hy deur middel van die pers ‘n beroep op die mense gedoen om eensgesind te wees en om nie hulle tradisies te verwaarloos nie.

Hy was ‘n saggeaarde persoon en baie geheg aan sy ouers, broers en susters en sou enigiets doen om hulle smart en lyding te spaar. Hy het egter alte goed besef dat die mens maar beperkte vermoëns het en dikwels magteloos staan teen die onvermydelike. Soos die volgende episode bewys het –

In die nag van 3 Julie 1876 het ‘n geveg by Spitskop naby Sabie plaasgevind waartydens sy broer, Paul, gesneuwel het. Dit was een van die vele kere dat die Lydenburgers moeilikheid met Johannes, broer van Sekhukhuni, ondervind het.

Jan, wat toe vyftien jaar oud was, en Paul was nie net broers nie, maar ook boesemvriende. Sy smart word weerspieël in ‘n gediggie wat hy later geskryf het. (Uit Hollands vertaal.)

Watter tyding tref my hart so seer
en gryp met skrik my aan?
Wat druk my gemoed beswaard terneer
en ontpers uit my oog ‘n droewige traan?

Dit is ‘n swaar en smartlike slag
wat priemend in my ore dring!
Die vreeslike ongeluk in die nag
wat die bode van die dood ons bring.   

Sy bloed vloei en hy stort terneer
die jongeling, ons broer, vader se seun
ontvang ‘n koeël wat sy bors verskeur
en hy stort dodelik gewond ineen.

Sterwend, gewond, deur die rower se lood,
Spreek hy nog ‘n keer, vir laas.
Roggelend, met in sy stem die dood,
prewel hy: My broer ek’s gekwes, helaas.

Dit was die laaste, ‘n woord van afskeid;
Die lippe roer nie, die stem is stil,
Maar die Heer se oor, in barmhartigheid,
Hoor tog die laaste sug; Dit was Sy wil.

En nou, onse Paul is hier nie meer;
Verby op aarde is sy kortstondige lewe.
Hy leef voort by sy God en Heer.
saam met die engele, tot hoër diens verhewe.

Daar voor die Heer se vredesaltaar
woed daar geen krygsgeskree meer;
Vriend en vyand staan almal langs mekaar.
Ja, sy aan sy, is ons almal een voor die Heer.


As volwassene beywer Jan Petrus hom vir die opvoeding van die jeug. Op die ouderdom van 23 jaar behartig hy as onderwyser (sonder formele kwalifikasies) ‘n klein skooltjie op die plaas Swagershoek wat aan sy aanstaande skoonvader, Cornelius Hendrik Viljoen, behoort . 


Hy het ook ‘n ander nood onder die mense waargeneem – ‘n gebrek aan goeie medisyne vir die talle soorte siektes wat destyds geheers het. Met behulp van die swartmense se kennis van verskillende geneeskundige veldgewasse en wortels, sy eie navorsing en die reeds beproefde rate van die oumense, bou hy ‘n soort apteek op en weldrae was hy ‘n redelike bekende en gerespekteerde homopaat. Wanneer hy die geleentheid gekry het, het hy die omgewing fyngekam op soek na helende struike en boomwortels. Op hierdie wyse het hy die omgewing soos die palm van sy hand leer ken – ‘n bate wat hom later goed te pas gekom het. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is hy nooit gevang nie.

Sy populariteit onder die mense het toegeneem. Nie net vanweë sy kennis van medisyne nie, maar ook vanweë sy innemende geaardheid, onbaatsugtige hulpvaardigheid en liefde vir sy medemens. Hy het ‘n hewige renons in geweld gehad en was altyd ‘n voorstander vir vreedsame skikkings in gevalle van onrus.

Sy buitengewone bekwaamheid lei uiteindelik na sy verkiesing as Volksraadslid. Op Maandag 20 Julie 1896 verskyn hy in die vergadersaal en verloop die verrigtinge as volg –

“Sy Ed. De Staatssecretaris bracht ter kennis van den Raad dat de Regering, ingevolge desbetreffende opdracht, de heer Coetser had aangeschrewen om den eed te komen afleggen als lid van den Edele Achtbaren Eerste Volksraad.” (Volksraadnotule, Maandag 20.7.1896)

Hy word versoek om na vore te kom en Artikels 14 en 15 van Wet 4 van 1890, en Artikel 1317 van 1892 word aan hom voorgelees. Daarna lê hy die Eed van Getrouheid af.

Die voorsitter heet hom namens die vergadering welkom as nuwe lid en verteenwoordiger van Lydenburg en sê ondermeer: “U zult ondervinden er vele moeilijkhede verbonden zijn aan de ereplaatz die gij thans gaat inneem, doch ik wil hopen, daar ons aller oogen gevestigd moeten sijn op de hulp van den Heer.” (Ibid.)

Jan Petrus het sy pos as Volksraadslid met toewyding en onderskeiding beklee. Sy ywer vir die onderwys het daartoe gelei dat hy later as voorsitter van ‘n kommissie aangestel is, getaak om die onderwystoestande te ondersoek en dan konkrete voorstelle aan die Regering voor te lê. Die ander lede van die kommissie was Arend Dieperink van Johannesburg en Generaal Louis Botha van die distrik Vryheid. Dat hulle suksesvol was met hul ondersoek, en dat die Regering hul voorstelle aanvaar het, word later bevestig in ‘n notule. “... dit was gedaan tot heil van de opkomende geslag.” (Ibid.)


Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog word alles wat met soveel sorg opgebou was aan skerwe gebreek. Jan Petrus, soos talle ander, moes tydens die oorlog magteloos aanskou hoe die Afrikaner byna vernietig word. Dit was ‘n verslae Jan Petrus en sy gesin wat na afloop van die oorlog by hul afgebrande opstal op Sterkspruit opgedaag het. Die huis was nie net afgebrand nie, maar gelyk gemaak met die grond.

Na die oorlog woon Jan Petrus en sy familie in tente agter die rommel van hul afgebrande huis.


Jan Petrus se herboude huis. Nie meer 'n grasdak nie, maar 'n sinkdak.


Alles moes van vooraf opgebou word, ook die onderwys. Milner se idee oor die onderwysstelsel het Jan teen die bors gestuit. Die voertaal sou Engels wees. Gelukkig het die Afrikaners saamgestaan en teenoor die Engelse 'goewermentskole' het hulle die Christelike Nasionale Onderwysstelsel gestig. Hiervoor het Jan met hernieude ywer gewerk en later is hy as Sekretaris van die CNO op Lydenburg aangestel.

Die destydse regering het uiteindelik toegestem dat amalgamasie tussen die Goewermentskole en die CNO plaasvind. Die eerste Superintendent van die verenigde skool was Mnr Munro.

Jan Petrus het later uit die politieke lewe onttrek, maar het nog belanggestel in die heil van sy land en volk. In J.P. Coetser se dagboek lees ons die volgende woorde: “Jan Petrus.... betreur met leedwese die verdeeldheid wat daar heers onder ons volk....” Afgesien van die eendrag met betrekking tot die CNO skole, was die enigste keer van eensgesindheid - volgens hom - die keer by Paardekraal, toe al die Afrikaners wat teenwoordig was ‘n monument van klippe opgerig het. Lord Kitchener het hierdie klippe later laat wegry en volgens Jan Petrus was dit vir hom 'n sprekende voorbeeld van die uitmekaarspat van sy volksgenote.

Jan Petrus het in 1885 met Maria Elizabeth Viljoen in die huwelik getree. Die egpaar was met elf kinders geseën. Soos talle ander families verloor hulle ook ‘n kind in die konsentrasiekamp te Howick. Hendrik Josefis, was sy naam. Hy moes ongeveer 2 jaar oud gewees het toe hy oorlede is.  

Jan Petrus en sy gade bring hulle laaste jare deur in ‘n klein woonstelletjie wat deur een van hulle kinders in Schoemansstraat, Lydenburg gebou is. Daar is hulle met liefde en deernis versorg.

Op 13 November 1936 sterf Jan Petrus in die ouderdom van 75 jaar. Sy stoflike oorskot rus in die ou begraafplaas van Lydenburg. Sestien jaar later, in 1952, word sy gade langs hom ter ruste gelê.


Jan Petrus se 4de kind: Johannes Petrus  (Jan Poen) en sy gade, Johanna Susanna Dorothea Foord. 


Jan Poen en sy gesin 


Stamboom van Jan Petrus Coetser (Jannie Raadslid) - soos op hede saamgestel. Kontak my asb mbt wysigings en aanvullings - mpmartie967@gmail.com 


a1. Jacob KUTZER  (1653-1733) Kom vanaf Rijnstadt, Duitsland. 'n Ander bron gee 
stad van herkoms aan as Setry, naby Weenen.) Aankoms in Suid Afrika 1709 as soldaat per
"Noordhoek". Word Boerkneg in 1713 en Vryburger in 1714. Trou te Stellenbosh op 15/9/1717 
met Cornelia HELM (1672-1722), weduwee van x Jan van den Bosch (1st eggenoot) en
Arie (Adriaan) van Wyk (2de eggenoot). Jacob en Cornelia het 2 kinders, Johannes Jacobus
en Dorothea. Jacob trou vir 'n 2de keer in 1722 met Susanna Snyman. 


b1. Johannes Jacobus COETZER  (1716-1787) x (15.2.1739) Maria BOTHA (1722-1740) -
xx (27.11.1746) Johanna NEL (c1725-?) dogter van Pieter Willem Nel.   
c12. Philippus Jeremias COETZER (1764-1856) x (1790) Christina Elizabeth DE BRUIN
(1768-?)
d3. Johannes Jacobus Coetzer  (1797-1834) x (1816) Elsie Magdalena Jordaan
(1800-1889) xx (1834) Jan Mathys de Beer 
e3. Philippus Jeremias Coetser [Kaleshaan] (1819-1897) x (1838) Johanna Adriana
Venter (1820-1888) (Let op, om die een of ander rede het Kaleshaan, of 'n 
nalatige administratiewe beampte, die 'z' in sy van na 'n 's' verander. Tot vandag 
toe is sy nasate Coetser instede van Coetzer.) 

f9. Jan Petrus (Jannie Raadslid) COETSER (26/7/1861-13/11/1936)
x Elizabeth Maria Viljoen (?-1952)
g1. Philippus Jeremias COETSER [Flippie Meulenaar] (1886-1963)
x Hester Maria van der Merwe
g2. Johanna Maria Adriana (Baby) Coetser (1888-?)
x neef Philippus Jeremias (Mias) (sv Pieter Willem & Anna Rood)
g3. Cornelus Hendrik COETSER (1891-?) x Belgiese vrou & sterf daar
- Kinderloos
g4. Johannes Petrus  (Jan Poen) (1892-?) x Johanna Susanna Dorothea
FOORD
g5. Maria Elizabeth (Miem) Coetser (1894-1961) x Jan Matthys DE BEER
g6. Johannes Jacobus COETSER (1896-?) x Anna Maria Magdalena
Elizabeth
g7. Hendrik Josephus  COETSER (1898-1901) Sterf in konsentrasiekamp
te Howick
g8. Elsje Magdalena Coetser (1903-?) x J GRUNDLING
g9. Marcus Albertus COETSER (1906-?) x A M D COETZEE
g10. Catharina Elizabeth Margaretha Coetser (Dina) (1909-?)
x ?? ESPACH
g11. Paul Stefanus COETSER (1912-?) x Dorothea Johanna Jacoba (Dora)

Keer terug na die Inhoudsopgawe en kies die volgende hoofstuk wat u wil lees - http://coetserkaleshaan.blogspot.co.za/2015/12/inhoudsopgawe.html